Welkom by ons nuwe blog "Lief & Leef Glutenvry"!!!
Daar is 'n groot aanvraag na glutenvrye produkte
en inligting in Suid-Afrika. Daarom het ek, Mareli en my sussie Dorè, besluit
om ‘n blog te begin om ander mense bewus te maak. Die afgelope jaar het ons op
oulike produkte en restaurante afgekom en heelwat resepte ontwikkel en bymekaar
gemaak, wat ons graag met ons bloggers wil deel. Ons sal julle weekliks op
datum hou van die nuutste glutenvrye trends en smul lekker resepte. Julle is welkom om julle stories
en vrae met ons te deel, ons help graag waar ons kan. Geniet die blog!
No comments:
Post a Comment