Monday, 14 July 2014

WoRteLMufFinS

Bestandele

1.5 koppie     Gluten vrye meel mengsel
1 teelepel       Gluten vrye Bakpoeier
Knippie         Sout
2 teelepels     Gemengde speserye
1/4 koppie     Neute
2                     Eiers
1/3 koppie     Bruinsuiker
1 koppie        Wortels
1                     Appel
2 eetlepels     Olie
4 eetlepels     Melk

Versiersel

1 koppie        Roomkaas
3 eetlepels     Versiersuiker
1/2 eetlepel   Suurlemoensap

  1. Verhit oond op 180'C en spuit muffinpan
  2. Sif die meel mengsel, bakpoeier, sout en speserye saam
  3. Roer die neute by die mengsel
  4. Klits die eiers en suiker saam tot lig
  5. Rasper die wortels en appels, voeg dan by die eiermengsel
  6. Roer die olie en melk by eiermengsel in
  7. Meng nou die droë en nat bestandele saam, maar moenie oormeng nie
  8. Gooi beslag in muffinpan en bak ongeveer 'n uur of tot toetspen skoon uitkom
  9. Laat koek afkoel op rakkie
  10. Meng versiersel bestandele saam en versier muffins
     
     

No comments:

Post a Comment