Wednesday, 16 July 2014

FrEsh EaRth

Natuurlik is gebakte produkte soos koekies en koek die eerste ding wat jy op uitmis as jy gluten in jou dieet uitsny. Ek is ‘n baie groot aanhanger van “Fresh Earth” nie net oor hulle gebakte produkte ongelooflik smaaklik is nie, maar ook omdat jy enigiets glutenvry by hulle kan bestel, van gluten vrye bood tot koekies en koek. Jy kan gluten vrye produkte aanlyn bestel en dit sal oral in Suid-Afrika by jou deur afgelewer word. Hulle produkte is ook beskikbaar by dischem.  Gaan druk op die Link hier onder en gaan kyk na hulle groot verskydenheid “yummy” produkte.

FreSh EaRth

ChOc PudDiNg KoEkieS

Bestandele:

½ koppie        Botter

¾ koppie        Bruinsuiker

1                        Eier

1 teelepel         Vanielje

1 knippie         Sout

½ teelepel      Koeksoda

1 eetlepel        Kookwater

1/8 koppie       Kakao

1 1/8 koppie    Gluten vrye meelmengsel

1 pakkie           Instant pudding

½ koppie        “Choc chip”

 

1.       Verhit oond op 180’C en spuit bakplaat

2.      Room botter en suiker met klitser

3.      Voeg eier, vanielje en sout by en meng goed

4.      Los koeksoda op in kookwater en voeg by mengsel

5.      Gooi meel, kakao en pudding mengsel in en klits alles saam

6.      Skep eetlepel groottes van die mengsel op die bakplaat

7.      Bak die koekies tussen 15-20 minute

FRiTtaTa

Bestandele:


6                      Eiers

6 snye             Ham

1                       Ui

½ pakkie        Sampioene

½ pakkie        “Cherry” tamaties

2 blokke          Fetakaas

 
1.  Verhit die oond op 180 ‘C

2. Braai die uie en sampioene tot bruin en roer die tamatie by tot warm

3. Plaas die plakkie ham onder in n muffinpan en skep die gebraaide bestandele bo op die      ham

4. Klits die eiers en geur met sout en swart peper na smaak

5. Goei die eiermengsel oor die bestandele in die muffinpan en bak vir ongeveer 15 min tot     eier gaar is

6. Sit voor met vars vrugte

Monday, 14 July 2014

Bread Basket se PATATBROOD

 
 
 
"The Bread Basket" by Parkview Mall het 'n gluten vrye patatbrood wat hulle self bak. Dis 'n heerlike broodjie en proe vir my lekkerder as gewone brood. Gluten vrye brood is moeilik om te vind en die wat wel beskikbaar is, is gewoonlik nie baie smaaklik nie.

WoRteLMufFinS

Bestandele

1.5 koppie     Gluten vrye meel mengsel
1 teelepel       Gluten vrye Bakpoeier
Knippie         Sout
2 teelepels     Gemengde speserye
1/4 koppie     Neute
2                     Eiers
1/3 koppie     Bruinsuiker
1 koppie        Wortels
1                     Appel
2 eetlepels     Olie
4 eetlepels     Melk

Versiersel

1 koppie        Roomkaas
3 eetlepels     Versiersuiker
1/2 eetlepel   Suurlemoensap

  1. Verhit oond op 180'C en spuit muffinpan
  2. Sif die meel mengsel, bakpoeier, sout en speserye saam
  3. Roer die neute by die mengsel
  4. Klits die eiers en suiker saam tot lig
  5. Rasper die wortels en appels, voeg dan by die eiermengsel
  6. Roer die olie en melk by eiermengsel in
  7. Meng nou die droë en nat bestandele saam, maar moenie oormeng nie
  8. Gooi beslag in muffinpan en bak ongeveer 'n uur of tot toetspen skoon uitkom
  9. Laat koek afkoel op rakkie
  10. Meng versiersel bestandele saam en versier muffins