Friday, 11 July 2014

ViNniGe ChoC cHip KoeKiE

Bestandele
1 koppie         Gluten vrye meel mengsel
40ml               Kakao
1/2 teelepel   Gluten vrye bakpoeier
1/4 koppie    Botter
2/3 koppie    Bruinsuiker
1 teelepel       Vaneulje
1                      Eier

  1. Verhit die oon op 180'C en spuit bakplaat
  2. Room die botter en suiker met klitser
  3. Voeg botter, eier en vaneulje by en klits goed
  4. Sif die meel, kakao en bakpoeier
  5. Roer meelmengsel by natmengsel
  6. Knie deeg tot alles goed gebind is
  7. Rol in klein bolletjies, pak op bakplaat en druk plat met duim 
  8. Bak tussen 12-17 minute

Restaurante met GluTenVrYe PiZzA

Col' Cacchio Pizzeria
Panarottis
Piza e Vino










Druk gerus op die restaurante se naam om na hul spyskaart te gaan kyk.

PlaAtkOeKieS

Bestandele

225ml         Gluten vrye meel mengsel
1 teelepel    Glutenvry bakpoeier
150ml         Melk
1                   Eier
30ml           Botter
1 Eetlepel   Bruinsuiker
Knippie      Sout

  1. Sif meel, bakpoeier en sout saam en meng
  2. Klits eiers, suiker en melk saam
  3. Voeg eiermengsel by meelmengsel en klits goed
  4. Smelt botter en roer by mengsel in
  5. Sny aarbeie in kwarte en roer by beslag
  6. Verhit pan met 'n teelepel olie
  7. Skep eetlepels van die beslag in die pan
  8. Maak gaar tot borrels bo-op verskyn, draai dan om en bak tot bruin
  9. Bedien saam met stroop, stuifgeklopte room en vars aarbeie

Thursday, 10 July 2014

Woolworths

Woolworths het onlangs 'n gluten vrye reeks vrygestel wat heerlike soet en sout produkte insluit. Gaan druk gerus op die link hieronder om te gaan kyk na hulle reeks.
 
Link:   Woolworths se gluten vrye reeks produkte
 

Wednesday, 9 July 2014

'n Goeie Meel Opsie




"Health Connection Wholefoods" se Gluten vrye meel mengsel is 'n oulike meel om te gebruik vir enige resep, aangesien dit 'n mengsel van verskillende soorte meel is. Deur verskillende soorte meel te meng gee dit die baksel 'n beter tekstuur en smaak. Dit bevat ook "Xantam gum" wat in gluten vrye disse gebruik word as 'n verdikker en bindmiddel. Dit is beskikbaar by Dischem en verskeie gesondheidswinkels.

Tuesday, 8 July 2014

ChOcBeRRy KoEkieS



 Bestandele


½ koppie            Botter
¾ koppie           Bruinsuiker

1                       Eier
1 teelepel            Vaneulje
Knippie               Sout
½ teelepel          Koeksoda
1 eetlepel            Kookwater
280 ml              Gluten vrye meel mengsel
1 pakkie              Aarbei instant pudding
1 teelepel            Pienk of rooi kleursel
½ koppie            “Choc chips”

 1.        Verhit oond op 180’C en spuit bakplaat
2.      Room botter en suiker met klitser

3.      Voeg eier, vanielje en sout by en meng goed

4.      Los koeksoda op in kookwater en voeg by mengsel

5.      Gooi meel, pudding mengsel en kleursel by en klits alles saam

6.      Skep eetlepel groottes van die mengsel op die bakplaat

7.       Bak die koekies tussen 15-20 minute


 

 


HaLLo Aan aL Ons BloGgeRs


Welkom by ons nuwe blog "Lief & Leef Glutenvry"!!!
 
Daar is 'n groot aanvraag na glutenvrye produkte en inligting in Suid-Afrika. Daarom het ek, Mareli en my sussie Dorè, besluit om ‘n blog te begin om ander mense bewus te maak. Die afgelope jaar het ons op oulike produkte en restaurante afgekom en heelwat resepte ontwikkel en bymekaar gemaak, wat ons graag met ons bloggers wil deel. Ons sal julle weekliks op datum hou van die nuutste glutenvrye trends en smul lekker resepte. Julle is welkom om julle stories en vrae met ons te deel, ons help graag waar ons kan. Geniet die blog!