Gluten is ‘n proteïen wat gevind kan word in graansoorte soos, koring,
rog en gort. Koring is ‘n belangrike bron van energie wat ons liggaam benodig.
Sommige mense het negatiewe reaksies teenoor kos wat gluten bevat, dit kan wees
as gevolg van gluten-sensitiwiteit of gluten-allergie. Die belangrikste stap om dit te behandel is
deur gluten heeltemal te vermy.
Gluten-
sensitiwiteit
Gluten-sensitiweit raak al hoe meer ‘n probleem in ons moderne samelewing
as gevolg van hoë spannings vlakke. Dit veroorsaak dat ons spysverteringstelsel
verswak en jou liggaam meer kwesbaar is vir simptome van gluten-sensitiwiteit. Jy kan een of meer simptome hê om met gluten-sensitiwiteit gediagnoseer te word.
Moontlike simptome sluit in:
v
Maagkrampe
v
Opgeblasenheid
v
Migraines
v
Swak eetlus
v
Moegheid
v
Naarheid
v
Diarree
v
Benoudheid
v
Gewigsverlies
Wat moet jy vermy?
Alle produkte wat gluten bevat moet heeltemal vermy word. Maak
altyd seker wat in produkte voorkom deur die etiket te lees, aangesien gluten
in baie produkte wegkruip waarvan ons nie bewus is nie. Gluten word baie keer
as ‘n bindmiddel of verdikker gebruik in verwerkte produkte. Voorbeelde van
gluten produkte sluit in:
v
Algemene produkte: Brood, pasta, koek en
koekies, hawermout en koeskoes, ontbytgraankos, pasteie en gekrummelde vleis
of vis.
v
Wegkruip produkte: Geprosesseerde vleise soos kouevleis, worsies
en frikkadelle; gebottelde en poeier soppe en souse; speserye, sommige
blikkieskos, bakpoeier, moutdrankies soos bier en whiskey; roomys, sjokolade,
lekkers, warmdrankies bv. sekere kitskoffies, milo en hot chocolate.
Wat kan jy wel eet?
Voor jy moedeloos raak, daar is nogsteeds baie produkte wat jy wel kan
eet. Normale groente, vrugte en vleise kan jy eet soveel jy wil. Daar is
heelwat graansoorte wat glutenvry is soos, mielies, stampmielies, bruin-en
witrys en polenta. Alternatiewe glutenvrye produkte sluit in:
v
Meelsoorte byvoorbeeld: patat-, aartappel-,
mielieblom-, soja-, rys-en amandelmeel
v
Rys-en mieliepasta, sago, tapioca en
ryskoekies
No comments:
Post a Comment